Hi daar!
Baie dankie vir jou navraag! Al die inligting is reeds op ons website.
Ons het verskillende kleure deurtjies beskikbaar en oulike bykomstighede. Elke deurtjie word uniek met die hand gemaak van regte hout en is 200mm breed en 265mm hoog en die deurtjies kan oopmaak. Kyk gerus op ons website na hoe dit lyk: https://magicfairydoors.co.za
Om te bestel, gaan asb na ons website of volg hierdie link: https://magicfairydoors.co.za/products/
Kies die hoeveelheid van ‘n item wat jy wil bestel en click op die “cart icon” bokant die spesifieke produk om dit in jou mandjie te sit. Nadat jy ‘n produk gekies het, sal ‘n popup opkom met die opsies vir “view cart”, “checkout” en “continue shopping”. Kies “checkout” as jy alles gekies het wat jy wil bestel, as jy nog iets wil bysit, kies “continue shopping”. As jy 3 of meer deurtjies op ‘n slag wil bestel, kontak ons gerus, dan stuur ons dit in ‘n box ipv in ‘n koerier sak waar net 2 deurtjies gemaklik inpas.
Voltooi die “billing details” en “shipping address”. Jy kan met ‘n direkte bank inbetaling of met Payfast betaal (details is op die website wanneer jy jou bestelling plaas). Jou bestelling se inligting sal ook dan wys. Stuur asb bewys van betaling na fairy@magicfairydoors.co.za
Sodra die betaling beskikbaar wys, begin ons met jou bestelling. Elke deurtjie word handgemaak, so ons vra gewoonlik om ons kansie te gee van so 5 werksdae vir die maak van die deurtjie soos genoem op ons FAQ: https://magicfairydoors.co.za/faq/
Ons stuur vir jou die tracking nommer sodra die koeriers dit by ons oplaai, sodat jy kan sien waar jou pakkie trek.
R50 van elke deurtjie wat verkoop, gaan aan Miracle Mienke. Kyk gerus op haar page en volg hierdie besonderse dogtertjie se storie. PLEASE PRAY FOR MIENKE: https://web.facebook.com/groups/501325500211612
Mag jou dag vol blinkers en fairy dust wees!!
Jou Fairy godmother